Recent Work

Corporate Function Dinner Party

Recent Articles

Marriage - Points to Consider

So you’re preparing to have the most awesome wedding day, one that will blow your friends and family away... read more.

Articles

Marriage

– Points to consider in spiritually preparing for your marriage.

So you’re preparing to have the most awesome wedding day, one that will blow your friends and family away – professional photographer, designer dress, exquisite catering and a wedding venue to die for, BUT what about God? What about preparing spiritually for this momentous day? It’s something many people forget to do. Here are a few pointers to help you prepare spiritually:

The Special Guest

Have you ever thought of inviting God to your wedding? I wonder if He doesn’t feel left out of many wedding ceremonies? Don’t let that be the case with your wedding. I encourage you to make Him an integral part of this special day. You may even want to prepare a wedding invitation addressed to God, and in prayer (prior to the wedding day) present it to God asking Him to be your special guest on the day. I’m sure this would bless God’s heart!

Dealing With The Baggage

I believe it is important to start the marriage with a clean slate. Have you crossed the line sexually? Do you feel guilty for things said and done to one another during the time of courtship? If so, then take a moment just prior to the wedding or perhaps even on the honeymoon to ask God to forgive and cleanse you. Ask Him to give you a new beginning and restore the purity.

No Right To Remain Silent

Determine in your marriage that no one will have the ‘right to remain silent’. Often times we grow up learning to bottle things inside and keep them to ourselves. This is counterproductive! In marriage it is destructive and unhelpful to keep things bottled up. Make a commitment to your future spouse that in your marriage there will always be opened-hearted communication. Encourage expression of feeling and real communication. It is probably the biggest key to an effective marriage.

Covenant Not Contract

God sees marriage as a covenant and not as a contract. Yes, there are certain legal requirements to a marriage within any country, but this is not what marriage is all about. It’s about COVENANT! God sees your marriage vows as the beginning of an enduring, unbroken commitment to one another. Even if your parents faced the pain of a broken marriage, determine that you will succeed with God’s help and blessing. Determine that the word ‘divorce’ will never be voiced in your home as either a threat or a possibility. Make God the center of your marriage; invite Him to be the Senior Partner in your marriage. Ecclesiastes 4:12 says, “A rope made from three strands of cord is hard to break.” By loving God and living according to His Word (The Bible), we make Him that third strand.

The Vows

As you stand before your Bride/Groom on the big day, place special emphasis on the marriage vows – that’s the most important aspect of the day – the promises and declarations made to one another. As the moment to declare your vows arrives, forget about everyone else in that chapel, look deeply into her/his eyes and sincerely express each word from the deepest part of you.

May God bless your marriage as you endeavour to begin things in a way that pleases Him.

- Pastor John Roebert, Choose Life Church

Back to the top


Beplan vir troudag, maar ook vir regsverhouding en geldelike gevolge

Wanneer twee mense besluit om te trou, is finansiële besplanning, soos testamente en versekering, gewoonlik nie hoog op die prioriteitslys nie.

Paartjies moet egter in gedagte hou verdere finansiële beplanning behoort so gou moontlik ná die wittebrood gedoen te word. Dit sluit in om die begunstigdes van polisse te verander en huishoudelike versekering te hersien. En as nog nooit aandag aan finansiële beplanning gegee is nie, is dit nie te laat om dit dan te doen nie.

Die huweliksvoorwaardekontrak is ‘n goeie vertrekpunt om finansiële beplanning voor die huwelik aan die gang te sit. So ‘n kontrak is nodig voor die groot dag.

Die koste van so ‘n kontrak is sowat R750, maar is onderhandelbaar. As ‘n familielid of goeie vriend ‘n prokureur is, kan dit altyd ‘n goeie trougeskenk wees.

Mnr. Douw Steyn, ‘n geregistreerde finansiële beplanner by die Finansiële Beplanningsinstituut (FPI), sê dit is altyd goed vir ‘n paartjie om voor die huwelik gesamentlik of apart ‘n prokureur wat goeie kennis het van die familiereg, te gaan spreek.

“Die waarde van so konsultasie kan nie onderskat word nie, want hier sal die implikasies van ‘n huweliksvoorwaardekontrak bespreek word,” sê Steyn.

“Paartjies kan só vertroud raak met konsepte soos die aanwasbedeling en vele ander aspekte van die reg. Die realiteit is dat as daar nie ‘n kontrak is nie en die paartjie bloot net trou, is die huwelik in die oë van die reg binne gemeenskap van goedere.”

Dit kan ernstige gevolge inhou vir albei gades se bates in gevalle soos insolvensie van een van die gades.

Ná die troue kan begin word om na versekeringskwessies, soos lewenspolisse, annuïteite, mediese versekering en pensioenlidmaatskap te kyk.

Die benoeming van begunstigdes van lewenspolisse en trusts speel ‘n uiters belangrike rol.

“Daar is steeds baie gevalle waar jong weduwees en wewenaars in finansiële moeilikheid beland bloot omdat daar nagelaat is om die begunstigde se naam op die polis aan te bring,” sê Steyn.

Indien albei voor die huwelik lid is van ‘n mediese fonds, kan ook gerus hierna gekyk word ná die troue. Om as ‘n gesin tot een mediese fonds te behoort, is goedkoper en vergemaklik die administrasie. Maak net seker wat die koste gaan wees om byvoorbeeld een mediese fonds te verlaat en lid te word van ‘n ander.

Moet ook nie vergeet om na korttermynversekering te kyk nie. Trou- en verloofringe moet ook verseker word.

Me. Melody Redman, hoofbestuurder by Budget Versekering, sê dit moet vasgestel word of versekeringspolisse voldoende is. “Dit is ook die regte tyd om maniere te ondersoek om premies te verlaag deur gesamentlik motor- en huishoudelike versekeringpolisse uit te neem,” sê Redman.

Dikwels het elkeen sy eie versekering vir ‘n motor en huis en deur dit saam te voeg in een polis, kan die premie verlaag word.

Afsonderlike testamente moet gekanselleer word ten gunste van ‘n nuwe gesamentlike dokument.

Boedelbelasting word ook beïnvloed deur die huweliksbedeling waarop besluit word. Tans is die boedelbelastingvrystelling R3,5 miljoen.

Steyn sê ‘n finansiële behoeftebepaling sal uitwys wat die invloed van boedelbelasting behels. Dan kan behoorlike boedelbeplanning volg om boedelbelasting so deeglik moonlik te bestuur.

Maar voor al die gewigtige besluite en oorwegings, is dit tyd om die troue te beplan en natuurlik die groot dag te geniet.

‘n Goed uitgewerkte plan, kalender en begroting kan help om die spanning voor die huweliksdag so ‘n bietjie minder te maak. Dit kan ook help om besteding op ‘n aanvaarbare vlak te hou.

Hier volg ‘n paar idees:

- Liana Mocke, Stockholm. Die Burger, 3 November 2007

Back to the top